
=====================================================================
PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


PALJAS, paljas is die as nou af?

Dt is die vraag van menige teleurgestelde fliekganger n die nuus dat Suid-Afrika se eerste kandidaat in die Oscar wedloop nie die paal 
gehaal het nie, meen Gabril Botma,   wat die rolprent vier sterre gegee het.

KOMPETISIES bring 'n voorspelbare reaksie by die meeste mense na vore. Instinktief redeneer jy: as die Bokke die Wreld beker kon wen en 
Bafana Bafana die Afrika beker (eendag, lank-lank gelede) hoekom vaar Paljas "so vrot" in die Oscar stryd?

Bekyk 'n mens daarna die rolprente wat wel genomineer is, en veral uit watter lande hulle spruit, klim die bloeddruk verder: Beyond Silence 
(Duitsland), Secrets of the Heart (Spanje), The Thief (Rusland), Character (Nederland) en Four Days in September (Brasili).

Goed, Duitsland en Spanje ht al puik rolprente opgelewer, en van die Russe kan jy enigiets verwag. Maar om deur die rolprentbedrywe van 
Nederland en Brasili uitgestof te word, is net te erg. (Albei het boonop sokkerspanne wat ons in Frankryk op ons kollektiewe neus kan laat 
kyk.)

Nes die Proteas onlangs in Australi hul Ali Bacher gesien het. En, al s niemand dit ook reguit nie, net dr l die eintlike bron van 
frustrasie oor Paljas se "nederlaag". Deesdae kan 'n fliekganger nie meer afsit na sy naaste teater sonder om hom teen 'n goeie Australiese 
rolprent vas te loop nie. Hoe's dit moontlik, wonder oningeligtes dan, dat die filmbedryf van ons sportvyande ons s'n so ver vooruit is?

Maar daaroor gaan dit juis, liewe vriende. Suid-Afrika het nie 'n rolprentbedryf nie. Nie eers 'n sukkelende een nie. Miskien was daar so 
'n tyd, maar een of twee Schusters elke tweede of derde jaar, met 'n Kaalgat tussen die Daisies tussenin, kan met die beste wil van die 
wreld nie as 'n industrie geklassifiseer word nie.

Lees nou stadig: Australi maak al 'n geruime tyd elke jaar 'n stuk of 25 vollengte rolprente. Dan praat ons nie eens van al die instansies 
daar wat miljoene bel in die ontwikkeling van mense n draaiboeke nie. Die inisiatiewe daarvoor is al meer as 'n dekade gelede geneem, en 
sedertdien ononderbroke volgehou. In vergelyking daarmee is daar die aalmoes van R10 miljoen wat die Regering hier aan 'n duisend en een 
projekkies bestee, en die apatie van plaaslike owerhede en die private sektor.

In di konteks is daar nou van Paljas verwag om by die Oscars die vonk vir die plaaslike bedryf te verskaf. Daarom moet daar nou met die 
koppie koue koffie in die hand post mortem gehou word.

Eerstens: Van die begin af was dit duidelik dat Paljas 'n prent met ernstige gebreke is. In die amper onnatuurlike emosionele 
eensgesindheid kort nadat die film uitgereik is, is die bedenkinge dalk te maklik onder die mat gevee. Ook deur professionele kritici.

Dit kom byvoorbeeld nou eers aan die lig dat 'n langer, vroere weergawe van die prent aan die Oscar paneel voorgel is. N snitte wat deur 
onder andere die redigeerder van Il Postino voorgestel is, is dit plaaslik uitgereik. Die regisseur, Katinka Heyns, meen na wat berig word, 
dat di korter Paljas 'n beter kans by die Oscars sou gehad het.

Wat s hulle van as, die hond en die haas?

Die Il Postino konneksie is om 'n ander rede ook interessant. Talle waarnemers meen dat Paljas 'n baie duidelike kontinentale atmosfeer 
het.

Dit sal fataal wees vir enige hoop op die ontwikkeling van 'n eie, moderne rolprentbedryf indien Suid-Afrikaanse films nie 'n outentieke 
identiteit het nie. In di opsig is Jump the Gun -- met Britse geld en leiding en Suid-Afrikaanse akteurs en tegnici in Johannesburg 
verfilm -- oneindig meer "plaaslik" as Paljas.

Paljas sou net so goed in enige Europese omgewing ook kon afspeel. Dit geld selfs die geykte Dominee en die bende Skietpiete, wat uit 'n 
Skandinawiese rolprent soos The Other Side of Sunday kon gestap het.

Die stasiemeester (Marius Meyers) se hunkering is daarom veelseggend genoeg aan plaatopnames van juis internasionale sangers gekoppel. 
Aangesien olifante in sirkusse op ander kontinente ook aangetref word, bly omtrent net die volstruise oor as verteenwoordigers van die 
tipiese Karoo landskap.

En hulle word as 'n bysaak betrek, amper soos 'n mens dit in 'n promosievideo vir buitelandse toeriste sou doen. Gelukkig op maat van 
inheemsklinkende musiek.

(Die nabyskote van pragtige blommetjies tel nie: net wyle prof. Kristo Pienaar was in staat om so maklik en gou te besluit of 'n 
plantspesie in- of uitheems is.)

Maar genoeg oor die kosmetiese tekortkominge. Die grootste besware kan teen die storielyn ingebring word.

Die titel verwys duidelik na 'n nar (Koos Human verklaar tydens 'n   polemiek in Die Burger dit mag nie, maar dalk het hy nou al die fliek 
gaan kyk). Daarom is dit totaal onverstaanbaar dat Heyns hom lank voor die einde al op die trein kan sit en huis toe stuur. (Die nar, nie 
Koos Human nie.)

Niemand sal my ooit kan oortuig dat dit geloofwaardig is dat die nar eers dae lank wegkruip en toe sommer met verspotte uitrusting en al in 
die kerk gaan sit nie. Die dominee had rede om beswaard te raak: so 'n onredelike man kan mos seuns molesteer ook, verdomp!

Chris Barnard   het as draaiboekskrywer 'n gulde geleentheid laat glip deur nie die nar-karakter fiktief te hou nie. As verbeeldingsvlug 
van die seun hou hy oneindig meer potensiaal in.

Aangesien die nar se rol gou uitgespeel raak, word die verhaal gefragmenteer. Diegene wat aanvanklik gedink het dis 'n grapjas wat verklaar 
dat Paljas nie minder nie as drie eindes het, moet miskien besin. Veral noudat ons weet dat 'n Italianer dit ook onder hande gehad het.

Niks kan egter seerder maak as die Amerikaners se verwerping nie. Asof hlle die verskil tussen kuns en kasterolie ken.

Laat ons desnieteenstaande vol moed, soos ewige pioniers in die gees, voorttrek. Alles sal regkom, Os du Randt.

Daar is immers eenstemmigheid (al weer) dat die prent, danksy sy reeds besproke voorkoms en styl, baie beter op feeste in Europa behoort te 
vaar. Dit kan selfs nou net die begin van 'n triomftog wees waartydens Paljas nog baie prestige vir Suid-Afrika kan inoes, word geprewel.

Laat ons so hoop. Want dit is ook al wat nou oorbly nadat Paljas die pot aan die einde van die renboog mis gesit het. Gabril Botma   is 
assistent-kunsredakteur van Die Burger.

Terug na bo

Klip in die Bos

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av5222.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1998 /// Afrikaanssprekendes, word onmisbaar! (AV 5:2) /// Ywer 
uit onverwagte oord (AV 5:2) /// Produktiewe aksies moet daaruit voortkom (AV 5:2) /// Leeskring-inspirasie (AV 5:2) /// Een bre 
Afrikaanse front (AV 5:2) /// Die antwoord op: Hoe leer ek Afrikaans? (AV 5:2) /// Op die stoep gaan hulle skater van plesier (AV 5:2) /// 
Afrikaans: 'n nuttige stuk gereedskap (AV 5:2) /// Afrikaans vir die Afrikane? (AV 5:2) /// Afrikaanse bewegings moet besin oor oogmerke 
(AV 5:2) /// 'n Woordlint van land tot land (AV 5:2) /// Afrikaans gryp uitdagings (AV 5:2) /// Hoe stewig is die handevat? (AV 5:2) /// 'n 
Gelukkige huis lok vele vriende (AV 5:2) /// In die ban van Karoo-Afrikaans (AV 5:2) /// Die wel en wee van 'n politieke tolk (AV 5:2) /// 
'n Reis van selfontdekking (AV 5:2) /// Nederlands wil Kaaps raakvat (AV 5:2) /// Taalvriendskap is nou moontlik (AV 5:2) /// 'n Briljante 
seun, Meyer (AV 5:2) /// Sonde met die Cravense bure (AV 5:2) /// PALJAS, paljas is die as nou af? (AV 5:2) /// Die smeerstorie (AV 5:2) 
///

